Jolet Gouws is gebore op 11 Junie 1969 te Kroonstad.
Op 4 jarige ouderdom het ons na Bloemfontein verhuis en behalwe vir 4jr ( 1996 – 2000) in Gauteng is ons nog altyd Vrystaters.

Ek was altyd ‘n baie gesonde en aktiewe kind, wat op 13jarige ouderdom in Feb 1983 gediagnoseer is met Gullian Bare sindroom – ‘n auto imuun disfunskie wat jou senuweestelsel aantas en tot verlamming lei. Binne 48 uur was letterlik elke spier in my ligaam ten volle verlam en vir ± 7 dae was ek in ‘n koma.

Die dokters het aan my ma gesê dat hulle alles menslik moontlik gedoen het om my aan die lewe te hou, maar nou hang dit af of ek nog ‘n wil het om terug te veg. Op daardie stadium het ek dus nog glad besef dat ek siek is en wat die omvang van my siekte was nie. Na ongeveer ‘n week het ek wakker geword en kon absoluut niks doen nie. Onverklaarbaar het ek net aangegaan om terug te veg sonder om regtig daaroor te top, asof ek iewers in my gees daarop voorbereid was.

Ek is einde 1983 ontslaan en is in Jan 1984 by Elisabeth Conradie skool in Kimberley ingeskryf om my hoërskool loopbaan te voltooi.
My spiere het wel nooit weer 100% herstel nie en het ek tot vandag nog net gedeeltelike gebruik van dit wat wel werk. Ek maak steeds gebruik van ‘n rolstoel om oor die weg te kom.

Gustav ( my man ) is serebraal gestrem a.g.v. probleme tydens geboorte. Sy spraak en loop is aangetas, maar hy het steeds sy graad in Ekonomie in 1991 verwerf aan die UOVS.Ek het in Des 1988 my eerste pos gekry by ‘n makelary as ontvangsdame. Later het ek gevorder na eise en onderskrywing en toe makelaar geword.

In 1991 is ek en Gustav getroud . Daar het die pad vir ons as eenheid begin en glo my maklik was dit nie, maar ons was vasbeslote om nie te gaan lê nie en om suksesvol te wees ! In 1993 in ons geseën met ‘n absolute engel van ’n seuntjie. Perfek geskape en gesonder as meeste normale ouers se kind. Ons het toe na 4jr in Gauteng besluit om terug te kom Vrystaat toe waar dit rustiger is.

Tydens Gustav Jnr. se laerskooltydperk was ek toe bevoorreg genoeg om tuis te wees vir hom en het ons in daardie stadium in Bultfontein gewoon. Ek het toe weer begin werk as finansiële adviseur by ‘n makelaar in Bloemfontein.

Die getroude lewe en ouerskap was regtig vir ons ‘n enorme uitdaging, meer as wat onsself verwag het. Ons het onsself nooit as gestremd gesien nie en dus werklik ‘n normale bestaan gevoer soos enige ander gesin, net met meer fisiese uitdagings. Ons moes ook elke dag werk, rekeninge betaal en ons kind deur die skool kry. As ek eerlik moet wees as ek somtyds vandag terugkyk dan kan ek nie glo wat ons fisies vermag het nie. ALLES NET GENADE !!!

In 2010 het ek weer ophou werk sodat ek bietjie rustiger kon wees aangesien my tempo nie meer so 100% is nie. Ek is dus tans CEO van ons huishouding en geniet dit vreeslik. Dit is my storie en hoekom ek dit deel is die volgende:

Die wêreld skuld JOU niks ! JY kan nie sit en wag dat dinge in jou skoot val nie!

• Ek wil hê jy moet weet dat jy so gestremd of gesbroke is, soos wat jy jouself toelaat om te wees, maar jy het die reg om tye van swakheid ook te hê, belangrikste is dat jy weer opstaan as jy geval het.
Daar is nie iets soos ‘n perfekte mens nie. Moenie dink jou droom is belaglik of onbereikbaar nie. As jy werk en daaraan glo kan jou drom jou lewe word !!!
• Niemand kies gestremdheid, gebrokenheid of seerkry nie en dit kan oor enige een se pad kom, selfs oor iemand na aan jou se pad en dan is dit goed om te weet hoe jy die persoon kan bystaan.Ek wil mense “opvoed” oor wat dit is om elke dag met gestremdheid te leef, wat behels aantrek, te bad ens.
• Ek sou vir ouers met gestremde kinders wou hoop gee, raad gee oor hoe om hulself en hul kinders voor te berei vir ‘n onregverdige lewe. Moenie jou kind grootmaak met die gedagte dat hy/sy anders is nie. Gun hul elke geleentheid volgens hul vermoë en gun hul om self deur hul teleurstellings te leer. Een van die grootste redes vir ons sukses is dat ons ma’s en familie ons nie behandel het asof ons anders is nie. Saam met ons het hulle ons laat glo ons kan.
• Vir gestremde ouers wil ek hoop gee. Hulle moet weet dat hulle nie die enigste is nie, daar is nog van ons wat ook elke dag die stryd stry.
• Ek sal ook vir besighede insae wou gee oor wat dit behels om gestremde mense in diens te neem en hulle wou laat insien dat ons net so hard kan werk, dat persepsies van gestremdes nie altyd die werklikheid is nie. En ek sou kollegas en die gemeenskap wou leer hoe om verby die ongemak te kom as jy sklielik in ‘n gestremde geselskap verkeer.

Mense moet begin leer en insien dat gestremdheid al meer sigbaar word. Ons wil nie bejammer of bevoordeel word nie, net ‘n regverdige kans hê.
Moenie my oordeel voordat jy my ken nie, dis hoe meeste van ons voel!

Kom luister na Jolet se storie op 3 November om 10 uur die oggend by AGS Siloam Gemeente. Toegang is R50 per persoon.

Groete
Jolet Gouws

Posbus 31332
Fichardtpark
BLOEMFONTEIN
Tel : 082 3193261
Faksno : 088 0515252622

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: