imagesCALUQN41Tieners is ’n spesiale tipe mens. Ons almal was eens daar, maar ons vergeet vining hoe ons gevoel en gedink het. Indien ons hulle reg kan hanteer kan ons hul monsters

tem en in motivering omskakel om passievolle, suksesvolle en doelgerigte volwassenes

met karakter te word.

Luister fyn na wat jou tiener sê en nie sê nie. Herhaal terug aan jou tiener wat jy hoor hy sê en hoe jy dit verstaan. Dit skakel kommunikasiegapings uit en leer tieners goeieluistervaardighede. Neem elke dag ’n tydjie, gaan sit op hul bed en gesels sommer net.  Soms vind hulle dit vreemd, maar sal spoedig ontdooi.  Praat minder met jou mond en meer deur jou voorbeeld. Tieners ervaar ouers se opmerkings baie vinnig as knaend. Hou by jou woord en reëls en laat jou nee, nee wees. Wees ’n rolmodel met jou maniere, taalgebruik, netheid en karakter.

Onderhandel met jou tiener en laat hom verantwoordelikheid neem. Hulle wil voel dat hulle behoort, kan besluite neem en dat jy hulle dan uitlos en vertrou. Wees steeds beskikbaar as die paw-paw die fan tref.  Skep ruimte vir emosionele uitbarstings, maar moenie betrokke raak nie. Jou tiener het daagliks talle hormone wat op en af en heen-en-weer- beweeg, wat hul emosies uiters plofbaar maak. Skep reëls dat hulle op ’n sosiaal aanvaarbare manier van hul emosiesontslae kan raak soos bv. deur oefening, die slaansak slaan, ’n instrument speel, teken of gaan afkoel in hul kamer. Wanneer hy kalmer voel, kan julle verder gesels. Dis uiters onproduktief om in ’n emosie belaaide argument betrokke te raak.

Help hom om sy tyd te bestuur: skool, leer en ekstra klastyd, buitemuurs, vriende en gesinstyd, Ek-tyd. Hulle hele toekoms en keuring vir universiteit word deur hulle grad 11 en 12 uitslae bepaal, en nie deur die provinsiale kleure, balkies of oorbetrokkenheid nie. Sommige tieners kan glad nie alleen wees nie. Emosioneel volwasse mense voel gemaklik in hul eie geselskap. Verduidelik dit aan hom en laat hy Ek-tyd geleidelik aanleer. Let op wanneer jou tiener besonders baie ek-tyd in beslag neem. Hulle raak maklik depressief, maak hulself seer of vereensaam. Kontak dadelik ’n professionele persoon as jy so iets opmerk. Wees realisties hoeveel tyd jy self het om hom rond te karwei en laat die kind die ekstra myl loop om ’n saamry geleentheid te reë. Moenie dat ’n skuldkompleks vatkans kry, omdat jy hom nie alle geleenthede kan gee nie. Prioritiseer wat vir julle as gesin van waarde is en neem mekaar in ag. Die vere maak nie die voël nie.

Laastens wil jou tiener met sy hele hart hoor jy is onvoorwaardelik lief vir hom, trots op hom, ondersteun hom, vertrou hom en sal berge vir hom verskuif. Gebruik Gary Chapman se vyf liefdestale as riglyn en gee liefde en aanvaarding op al vyf maniere, deur bemoedigende woorde, fisieke aanraking, geskenke, diensbaarheid en kwaliteit tyd. Maak sy emosionele tenk propvol en jou tiener sal skitter.

Vir nog meer artikels in Afrikaans, laai gerus die volledige gratis e-boek af by Lewenshulp-vir-n-nuwe-begin

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: