images

Jy sit met ’n breë glimlag en dink, Mapstieks, ek het dit! Jy het in jouself belê, selfs ’n lewensafrigter gesien en na al die selfhelp kursusse gegaan. Jy het nou selfkennis bekom en het goeie gewoontes aangeleer. Jy verstaan nou jou unieke menswees en doel. Omdat jy nou so uiters effektief is, raak jy oral betrokke, jou populariteit groei en jou lewe raak vol. Tog wonder jy hoe dan nou verder? Is dit nou dit? Dit, meneer of mevrou, was net die eerste pad gewees. Daar is twee paaie in selfontwikkeling:

1. Die pad na effektiwiteit en doelgerigtheid,

2. Die pad na uitnemendheid, inspirasie en vervulling.

En vandag neem ek jou op die pad na uitnemendheid.

Op hierdie pad sal jy uitdagings kry wat jou integriteit en gesindheid toets. Dit is sodat jy gestroop kan word van dit wat jou weghou van ware geluk, vreugde en vrede. Dis moeilik om te onderskei, want jy gaan jouself besig hou met dinge wat meestal mooi en reg is. Rein gedagtes, jy weet. Soos komitees, posisies, of alledaagshede, maar wat nie jóú werk is, of binne jóú doel val om te doen nie. Met jou vol lewe, veeleisende werk en geld wat jou jaag, probeer jy nog almal om jou gelukkig hou. Is jy dalk ’n formidabele aktrise wat met jou mensekennis enigiemand in enige situasie kan manipuleer? Of dalk hou jy nie van almal wat gereeld in jou dag inwals nie en stink jou gesindheid teenoor hulle. Pleit jy dalk skuldig aan hierdie klagte? Die oplossing hiervoor is keuses wat jy vandag moet begin maak. Dit is keuses wat nou gefokus is op uitnemendheid, inspirasie en vervulling.

Stap 1: Besluit: Ek gaan nie langer tyd fisies, emosioneel of geestelik spandeer aan mense of take wat my dreineer, ignoreer, stilweg beledig, my wil gebruik of vergelyk, speletjies speel en veral nie respekteer nie. Ek het ’n zero toleransie vir enigiemand of dinge met hierdie intensie. Dis ’n mond vol, lees dit gerus weer voor jy aangaan. Om hierdie mense of take te herken is nie maklik nie, maar maak jou lysie. Dink mooi of dit inpas by jou doel. Hierdie is nie die moeilikste stap nie. Om die oorsaak met wortel en tak uit te roei en die grense dik te trek, is konfrontasie nodig.

Stap 2: Begin jou lysie uitsorteer en uitfaseer op ’n respekvolle en volwasse manier. As jy daagliks hierin volhard sal jy ’n ongekompliseerde en vry lewe kan leef. Maak die moeilike keuses met visie, dissipline, passie en integriteit. Dan sal jy ook kan sê: Ek is op ʼn goeie plek. Ek is gelukkig. Ek is net.

Stap 3: Inspireer ander om hul doel te vind en te bereik deur ’n rolmodel te wees. Ons moet die volgende modelleer: Invloed, betroubaarheid, bekwaamheid en strategie. Vind geleenthede om jou gesinslede, werknemers en jou gemeenskap te bemagtig. Om hulle te bemagtig beteken om aan hulle verantwoordelikhede toe te vertrou en in hulle te glo. Nie om te mikro-bestuur nie.

En daar is jy nou verby die kruising en op die pad van uitnemendheid, inspirasie en vervulling.

Vir nog artikels in Afrikaans, laai die volledige e-boek gratis af by Lewenshulp-vir-n-nuwe-begin

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: