20 Voelgoedlewenslesse

Het jy dalk so ‘n bietjie inspirasie nodig om die jaar volstoom aan te pak?

DEUR: Ansja Ferreira

Rozanne Raath, ‘n lewensafrigter, gee ‘n paar goedvoelbeginsels, wat deur enigiemand van enige ouderdom toegepas kan word.

1. Voor jy enige van die wenke hieronder aandurf, gooi eers jou motor vol brandstof. Dus volg ’n lae-GI-dieet vir volgehoue energie en drink minstens twee liter water per dag. Jou liggaam gaan nie sonder “brandstof” doeltreffend kan funksioneer nie.

Rozanne deel ‘n paar beginsels van die Skool vir NLP (Neuro Linguistic Programming) vir suksesvolle en positiewe denke:

2. Elke optrede word deur ‘n positiewe bedoeling gedryf. Almal doen altyd wat hulle dink reg is of die enigste keuse vir hulle is, gegewe die omstandighede vanuit hul oogpunt, reg of verkeerd. Hou dit in gedagte voor jy oordeel, want die persoon bedoel dalk goed.

3. Die betekenis wat iemand anders aan jou kommunikasie heg, is die respons wat jy gaan kry. Wanneer jy dan kommunikeer, let op die gevolge van wat en hoe jy dit sê en onthou dat mense vanuit hul oogpunt daarop reageer.

4. Daar is geen mislukking nie, net terugvoering. Die woord “kritiek” laat sommige sweet en min mense hou daarvan. Hou jou kop hoog, want terugvoering is bruikbare inligting om jou meesterplan te verbeter en jou tot sukses te motiveer.

5. Wees buigsaam en pas by verskillende situasies aan.

6. Weerstand is ‘n teken van te min rapport (die skep van ‘n vertrouensverhouding of atmosfeer van vertroue). Wanneer jy rapport het, het jy massiewe invloed, so doen moeite om na ander te luister – by jou werk en by jou huis.

7. As een mens dit gedoen het, beteken dit dis menslik moontlik. As dit menslik moontlik is, kan enige mens leer hoe om dit te doen. Leer in 2016 ‘n nuwe vaardigheid aan.

8. Alle uitnemendheid en ongelooflike prestasies het ‘n struktuur en ‘n strategie, en juis om daardie rede kan dit aangeleer word. Sonder rolmodelle uit en leer by hulle. Jy hoef nie die wiel te herontwerp nie.

9. Ons het al die hulpbronne wat ons benodig, inherent in ons eie fisiologie en neurologie. Delf diep binne jou, jy het die antwoorde op jou groot vrae en jy weet presies wat om te doen.

10. Fokus eerder op uitkomste as probleme. Probleemraamwerke fokus op wat verkeerd is en hoe om verkeerde dinge reg te stel en skep ‘n negatiewe ingesteldheid. Uitkomsgebaseerde raamwerke fokus op die resultaat wat jy wil hê en die beste manier om dit te bereik en skep, is ‘n positiewe ingesteldheid.

11. Vra eerder “hoe”-vrae as “hoekom”-vrae. “Hoekom”-vrae lei tot ‘n stroom verskonings en redes wat die probleem net erger maak. “Hoe”-vrae gee jou begrip van die struktuur van die probleem en die dieper gedagtegang en motiverings wat dit in plek hou.

12. Fokus op moontlikhede in plaas van ‘n moet. Dan glo jy dat enigiets moontlik is en niks is ‘n moet nie. Dit laat kreatiwiteit vloei en nooi vryheid in.

13. Neem ‘n houding van nuuskierigheid en fassinasie aan in plaas van om uit die staanspoor aannames te maak en aan feite vas te klou. Vra uit en maak seker jy verstaan die ander persoon.

14. Wanneer jy jouself of omstandighede wil verander, moet jy op geestelike vlak begin (die diepste deel waar gedrag ontstaan), dan na identiteit oorgaan (dit wat jy oor jouself en ander glo), jou vermoëns, jou gedrag en laastens jou omgewing (waar jou gedrag manifesteer).

15. Lees eerder ‘n tydskrif voor jy gaan slaap as om met tegnologie besig te bly. Navorsing toon dat om na ‘n helder skerm (selfoon, rekenaar of TV) te staar jou korter, asook ligter laat slaap.

16. Doen een ding op ‘n slag en doen dit goed. Jy dink dalk jy’s baie produktief om jou e-posse en Twitter dop te hou terwyl jy in Excel werk, maar eintlik deel jy jou aandag in klein stukkies op en laat dit jou nog minder doeltreffend werk.

17. Handhaaf ‘n goeie postuur. Kom in die gewoonte om selfone, tablette, TV’s of rekenaars op jou lessenaar op ooghoogte te hou. Jou oë moet reguit vorentoe kyk, jou nek en rug moet reguit en regop wees en jou arms moet gemaklik rus.

18. Wees ‘n gesonde sosiale-netwerk-gebruiker. Sit jou “notifications” af en gebruik sosiale media doelgerig. Verskeie studies toon ‘n verband tussen die gebruik van sosiale media met verhoogde vlakke van stres en gevoelens van eensaamheid soos mense hulself met ander vergelyk. Neem dalk ‘n paar uur of ‘n dag “af” van sosiale media en kyk hoe jou gemoed verbeter. Onthou die beste verhoudings word in persoon of oor die telefoon gebou, so gaan drink eerder daai koffie as om na foto’s daarvan te staar.

19. Voorkoming is beter as genesing. Dis waar vir ons fisieke sowel as digitale lewens. Om die skok, angs en wanhoop, wat met die verloor van jou data, werk, media of aanlynrekeninge gepaardgaan, te vermy doen hierdie dadelik: Maak seker als is op verkieslik drie plekke gestoor: aanlyn (op ‘n “wolkie”), op jou rekenaar en op ‘n eksterne hardeskyf.

20. En as jy nie weet hoe om een van hierdie bogenoemde wenke aan te durf nie, laat ‘n professionele persoon jou help. Ek betaal eerder iemand wat van beter weet as om die verreikende skade ná die tyd te probeer herstel.

Rozanne Raath is ‘n lewensafrigter en kan gekontak word by rraath.coach@gmail.com of gaan lees meer by inspired2coach

How to work with someone who’s negative, unimaginative, and defensive?

Today’s post is by Michael Hyatt, just brilliant.

And Here’s a Hint: It’s Not Talent, Skill, or Expertise

Is there anything more frustrating than trying to accomplish a big goal with someone who’s negative, unimaginative, and defensive?

Thankfully, it’s been a while since I’ve tried. But I’ve had my share in the past, and I can tell you that nothing will kill an organization’s productivity and vision like a can’t-do person.  But if this kind of cynicism brings a team down, what can lift it up?

Several weeks ago my team and I met to review our business and make plans for the coming year. The whole process was exhilarating, but one part that stands out for me was when we discussed our values.  We identified what matters most to us about the way we work and collaborate. It was important for us to identify not what we wanted to be, but who we really are.  People began throwing different qualities on the board, and we built out a good list. But it didn’t feel complete. Something was missing. Finally someone mentioned the infectious enthusiasm of a fellow teammate.

Bam! That was it. Infectious Enthusiasm.

Everyone on our team has this quality, but sometimes the fish don’t notice the water they’re swimming in. We needed to identify it, highlight it, underscore it, and put it in BIG LETTERS.  Infectious enthusiasm is a key ingredient in a team worth working for. Talent, skill, expertise are only part of the picture. If you’re not bringing energy, optimism, and creativity to the party, it won’t be much fun. Why?

  • Motivation. Enthusiastic people bring their own battery pack. You never have to worry about motivating them because they’re already plugged into the business and fully engaged.
  • Solutions. Problems and obstacles are part of business. A former colleague of mine used to say that if work was easy, they wouldn’t pay us. But enthusiasm unlocks innovative thinking. Instead of seeing the roadblock and turning around, enthusiastic people find workarounds. They’ll go over, under, around—or just build a new road.
  • Ownership. Can-do people own whatever part of the process and outcome they’re responsible for—and they’re usually willing to assist on the rest. That means they don’t need heavy management. They just get going and get things done.
  • Achievement. Achievement takes energy. If you have motivated team members who are eager to find solutions and own the outcome, guess what happens? You start accomplishing goals.
  • Culture. Whether good or bad, attitudes are communicable. Enthusiastic people are fun to work with, which means they can bring up the mood of the whole team. It’s infectious. The net result is a positive team culture. And here’s the great thing. It’s practically self-perpetuating.

Some people might object and say this is really a question of personality. What they mean is that people can’t help it. They’re either positive or not. But that’s not true. Enthusiasm is a choice. Our circumstances may be outside our control, but the attitude we bring to our circumstances is entirely within our own power.  The only question is what kind of team do you want to work with?

Special thanks to MICHAEL HYATT http://us2.campaign-archive1.com/?u=52d5c7778a3adfda535c3b349&id=5d414f07a4&e=4796a7454d

Waarheid wen! – deur Rozanne Raath

Acts 20:20 I didn’t skimp or trim in any way. Every TRUTH and encouragement that could have made a difference to you, you got. I taught you out in public and I taught you in your homes.  Lewenstyl afrigting is nie iets nuuts nie. Selfs Jesus het ook die mense om Hom geleer en juis daarom glo ek daarin.

Met al die sportgebeure die afgelope weke kan ek nie anders as om te vra:  “Die bal is nou in jou hande… wat maak jy daarmee?”  Talle kliënte vra: “Kan die waarheid werklik ’n wen-kultuur in my lewe skep?”  Verseker JA!

Aangename kennis

Ek sien myself in die primêre sorg en voorkomende linie van verdediging in die oorlog teen stres. Ek verwys graag indien daar tekens van patologie is, maar wil my uiterste bes doen om pasiënte ’n nuwe lewenstyl en denkwyse aan te leer, voor hulle patologie ontwikkel. ’n Volledige ontleding van al agt lewensareas word gedoen en dan word daar, vanuit drie areas, doelstellings geskep wat die grootste impak gaan maak, asook emosionele verligting gaan gee.

Die vraag

Die model wat ek gebruik word opgesom in my slagspreuk: Laat die Waarheids-Lig Ewigdurende Verandering meebring. Of my kliënt ’n Christen is of nie, elke mens ervaar gebeure as stresvol indien hulle hulself sekere vrae vra en die antwoord daarop bedreigend ervaar word. Dis dalk nie noodwendig die waarheid of ‘n akkurate ervaring nie.

1 Cor 2:3: “I was unsure of how to go about this, and felt totally inadequate – I was scared to death, if you want the truth of it”

Ek leer dus vir my kliënte om agter die waarheid in situasies te kom. Wanneer hulle wel die waarheid in situasies mis is dit soos ’n gekleurde bril waardeur hulle kyk en elke situasie is dan daardie kleur. Deur hul ingesteldheid positief en waarheid-gerig te maak kan hulle deur kleurlose lense kyk en gebeure beter hanteer.

2 Titus 3:16: “Every part of Scripture is God-breathed and useful one way or another – showing us truth, exposing our rebellion, correcting our mistakes, training us to live God’s way.”

Ons het almal mekaar nodig en indien ons goed as ’n span funksioneer, kan ons merkbare verskille in gesinne maak. Ek is ’n geregistreerde berader (BA Hons Sielkunde, UV), maar het verder gekwalifiseer as Geregistreerde Lewenstyl Afrigter (Comensa, New Insights International). Kliënte het die keuse om of kontant fooie te betaal of vanaf hul mediese fondse te eis vir sessies. Verwys dus gerus enige pasiënte, familie of vriende wat oorwerk, oorstuur en oor ‘n paar dinge in hul lewens moet kom. Baie dankie aan elke huisdokter en sielkundige wat reeds die groot waarde van voorkomend optree besef en gereeld na my verwys.

2 Peter 1:12 Because the stakes are so high, even though you’re up-to-date on all this truth and practice it inside and out, I’m not going to let up for a minute in calling you to attention before it.

What will make your event successful and memorable? By Rozanne Raath

Book Rozanne for your next event, workshop

Book Rozanne for your next event, workshop

I have been a speaker at numerous events as well as bought my tickets for a fair share of them.  They all seem to have the same program:

Someone opens the event for 15 minutes.  Two or three others also have something to say.  Some dance group or artist delivers a few items and eventually food is served and the main speaker gets his/her chance.  The speaker is sometimes famous, but isn’t a professional.  They tell a nice story, but tomorrow your guests have forgotten all about it.  After two hours you finally get your chance of chatting with your friends and eating away.  But no-one does an event differently because this is the status quo.

Here’s a few pointers that will make your event successful and memorable:

  • Facilities should have good lighting, sound, comfortable seating and be easy to find.
  • Give your audience enough time to visit the stalls beforehand, but start your event punctually. It shows respect of others schedules.
  • Have the food and drinks on the table for guests to enjoy from the get-go. Most are starving because they fed the kids and the pets, but not themselves.
  • Ask the MC to keep the opening short.
  • Have activities where your guests can interact, take part and have fun, like a photo booth with instant pictures they can take home.
  • Book a really good artist or none at all.
  • Then play nice background music and give your guests some time to take a comfort break, stretch legs and chat (that’s what they came for).
  • Then introduce your main speaker. When booking a speaker, keep the following in mind:
  1. They should be a professional in their field.
  2. They should offer sound, practical advice.
  3. They should be able to teach your audience about a specific challenge in their lives.
  4. People take advice from others who are just normal people that have to work and manage a family.
  • Keep the thank you’s short and sweet.
  • End off with good music and time to shop and chat.

Good luck and blessings with your event.

To book Rozanne for your event send a request to rraath.coach@gmail.com   Click on the link to Inspired List of Workshops to read about Rozanne’s topics.

SPACE as a form of LOVE

By Madeleen Steenkamp and Chantal Burger

Space is an aspect of love which is often neglected, misunderstood and misinterpreted.
Often one partner will experience space as rejection –my partner doesn’t want to be with me ALL the time or my partner doesn’t trust me or love me enough to give me some space…some ME time.
Acclaimed author of books like: the Prophet, Khalil Gibran explaines the complex intertwined love relationship beautifully – “And stand together yet not too near together: For the pillars of the temple stand apart, And the oak tree and the cypress grow not in each other’s shadow”; thus two people in a marriage are like 2 trees, they stand close enough to provide each other protection from the elements, but not as close to invade eachother’s water supply, the winds of life must be able to blow through.
If you want to know whether you are giving your partner enough love, ask yourself the following questions:
1. Am I giving my partner enough space?
2. Am I giving this space with love or in mistrust?

LOVE is giving SPACE; in turn realising TRUST.
You might have experienced in yourself or your partner how a lack of space invigorates the fight/urgency therefore.
The concept of SPACE is relative; it differs not only from men to women, but also from person to person.
Extroverts  may require space away from home (golfing; hunting)
Introverts may require space at some place in/around the home (playing playstation; gardening)

If you as a partner grant the other space, it is interpreted as an act of love. No one can resist unselfish love as depicted above. Any relationship is built up of resiprocal compromises: the more space you give; the more love you will receive…and vice versa.
The author of: Men are from Mars, Women are from Venus, John Gray describes men as being like a rubber band, even though they at times pull away from their partner they eventually bounce back. If you are in a relationship and you allow your partner to pull away slightly from time to time without setting ultimatums or consequences, it will be rewarded by increased trust and love. Should both partners pull away in retaliation of each other, no trust or love is formed, it is in fact destructed.
There is a saying: If you give love and it comes easy to you, you are doing it wrong!
Remember that as with everything else in life, nothing worthwhile comes easily especially in love.

Geld die stil vennoot

GELD – die “stil-vennoot” in jou huwelik…of is dit ?
Deur Madeleen Steenkamp en Chantal Burger
Selfs die mees stabiele huwelik sal moontlik gebuk gaan onder die swaar las wat finansiële druk op ‘n verhouding plaas. Dit is een van die hoof redes vir egskeidings ; verwys na die implikasies van die 2008 resessie wat steeds sy tol eis.
Weens die emosionele druk wat knellende finansies op eggenote plaas is ons geneig om ons frustrasies op mekaar uit te haal, maar ons moet die situasie in perspektief plaas: geld is die oorsaak van die spanning, nie een van die eggenote nie!
Neem ‘n hernude standpunt in. Ons is nie mekaar se vyand nie, ons moet vereening staan teen die euwel nl. geld. Die gesegde: “Twee koppe is beter is een” spreek vanself. Sodra beide partye dit besef sal kommunikasie (essensieël tot konstruktiewe verhoudingsontwikkeling ) ‘n nuwe vlak bereik.
Ons is geneig om die positiewe verhoudingservarings te deel, maar negatiewe ervarings word onder die mat ingevee totdat dit begin hobbelrig vertoon; dan is dit verwyte wat rondgeslinger word van wie nou eintlik veronderstel was om die rommel op te vee en uit te gooi.
Eggenote word gemaan om “pro-aktief” te “argumenteer” . Vergelyk dit met oorlogvoering: ‘n generaal gaan tog nie onvoorbereid die gevegsveld binne nie; dus verbind julself tot “gestruktureerde” en “voorbereide argumentering”. Kom ooreen om hierdie “gesprekke” te beperk tot 2 dae per maand waartydens ruimte gelaat moet word vir –
1. Geleentheid om elkeen se individuele standpunte/gevoelens te openbaar;
2. Wedersydse danke kan insluit : Opinies, Opbouende kritiek, Voorstelle vir praktiese oplossings.
Raad vir “pro-aktiewe argumentering”:
1. Erken daar is ‘n probleem;
2. Beide partye moet bereid wees om hieraan te werk;
3. Beheer die oorsaak van die probleem deur 2x per maand positief te
“baklei” (in konteks is baklei = kommunikeer );
4. Maak notas vir die geleentheid (wees voorbereid – moenie na redes vir “baklei” soek, verskaf feite);
5. Deur intensiewe gestruktureerde kommunikasie kan die skade aangerig deur ‘n “onbeheersde veldbrand”a.g.v. gemoedere wat kan “opvlam”beperk word.
6. D.m.v. jul notas sal jul kennis neem oor die mate wat geld jou en jou verhouding domineer en die nodige aanpassings kan maak;
7. Uit jul notas sal advies wedersyds deur die 2 eggenote verstrek word en beide betrokke laat voel in die oplossingsproses.
‘n Belangrike aspek t.o.v. situasie ontlonting in konteks is die opstel van ‘n gesamentlike begroting wat beide eggenote se goedkeuring wegdra.
Toekomstige misverstande rondom finansies sal grootliks voorkom word asook verwyte uit die weg ruim. Sommige individue is meer aangelê in hierdie veld maar waak daarteen om dominerend voor te kom; gefokus eerder op gemeenskaplike kennis oordrag as taak-anneksering.
Moenie enige terugvoering persoonlik opneem nie – onthou finansies is ‘n aspek gekoppel aan besigheid; soos die Engelse spreekwoord lui: “Business is business”.
Waak daarteen om jul prioriteite te verwar: Die liefde kom eerste; finansieël sal daar altyd voorsiening wees van ‘n Hoër hand mits die eersgenoemde voorkeur geniet.

Uitgebrande ma’s – Leer om goed vir jouself te wees

Geskryf deur Ansja Ferreira, met kommentaar deur Rozanne Raath, vir Vrouekeur

‘n Goeie werk-en lewensbalans is vir ons almal baie belangrik. Maar hoe kry ‘n ma wat werk dit reg? Ma’s wat werk en kinders grootmaak, kan dikwels geweldige uitputting ervaar en voel of hulle die kers aan albei kante brand. Hulle kan ook skuldgevoelens ondervind omdat hulle voel dat hulle nie heeltyd by hul jong kinders is nie. Aan die ander kant kan so ‘n ma dalk voel dat sy nie haar beroep voluit kan beoefen nie, omdat sy haar aandag tussen haar werk en haar kinders moet verdeel. Dit kan vir so ‘n ma voel dat sy soos ‘n robot aangaan, sonder om werklik te lewe. ‘n Opname deur CareerBuilder het bevind dat een derde van werkende ma’s uitgebrand voel. (Bron: http://www.moremindfulfamily.wordpress.com)

‘n Studie in Brittanje het bevind dat meer as 60 persent van werkende ma’s hul werkstres op hul gesinne uithaal. Bevindings uit ‘n studie wat in Family Matters gepubliseer is het bevind dat selfs wanneer beide ouers werk, die verantwoordelikheid om na siek kinders om te sien meestal op die ma val. (Bron: http://www.betterhealth.vic.gov.au/bhcv2/bhcarticles.nsf/pages/Working_mother_commo…)

Jong ma’s het hierdie sprokies-idee rondom kinders grootmaak, sê Rozanne Raath, ‘n lewensstylgids van Bloemfontein. “Talle jong ma’s beland op my bank in my spreekkamer en is verpletter en uitgebrand. Die skuldgevoelens en daaglikse gejaag is net vir hulle te veel. Ander wonder regtig of dit die moeite werd was om kinders te hê? Het ek nie myself verloor in die proses nie? Wat het geword van my drome, my loopbaan en my lekker-doen dinge?” sê Rozanne

Ons lesers deel hul ondervindings en wenke:
Erika Brummer-van-der-Westhuizen sê dat ma’s wat werk moet soms soos ‘n supervrou wees. “Sy staan douvoordag op om toebroodjies vir die kosblikke te maak en sorg dat almal aangetrek is. Dan soek sy die verlore skoene waar haar kinders dit laaste gelos het. Sy moet haarself deur ‘n stort kry, haar hare en grimering moet reg wees. Dan is dit “moms-taxi” skool toe. Sjoe, en dit is net die begin van die dag en net ‘n paar goedjies genoem wat sy doen. Werk begin en sy moet haar mammahoed verruil vir die werkshoed of selfs die baashoed.

Mammas moet elke dag selfs al is dit net ‘n uur na werk op die bank lê en 7de laan kyk en net stoom afblaas of dalk ‘n halfuur in die bad met ‘n boek ontspan. Iewers moet sy net ‘n tydjie vir haarself hê. Wat sy doen is haar plesier voordat sy haarself weer uitdeel aan familie en werk, sê Erika.

Christine Hanekom glo dat jy van kleins af jou kinders moet leer om om selfstandig te wees. “Ons ry elke dag 45 km skool toe – so elke ou is vir hom-of haarself verantwoordelik. Somermaande ry ons sesuur en wintermaande halfsewe. Elke kind sit sy eie kos en koeldrank in die oggend in en pak sy eie sport en nasorg sak die vorige aand in. As hul iets vergeet by die huis dan is dit tot daarna toe. My man koop die kruideniersware en beplan die spyskaart. Maria, my huishulp kook of pa braai, aangesien ons eers na ses en sommige aande eers na halfsewe by die huis kom. Middagstudie word by die nasorg gedoen en skooltake word naweke vroegtydig gedoen. In kort help almal om die dag vir almal makliker te maak.

Marie-Louise Smith beveel aan dat jy ‘n inslaapbediende kry en dit indien vir jou finansieël moontlik is, ook ‘n student kry om te help. “Pappas is deesdae ook baie meer betrokke tot voordeel van die pappa en die kiddies, sê sy.

Ronel Coetzee vertel van die tyd toe sy werkend en enkelma vir haar seun Liam was. “Opstaan 05h00 soggens en maak huis reg, pak ‘n middagete vir die kosblikkie, kry skoolklere reg en laat kinders slaap tot 06h00. Daarna gee ek net aan my kind aandag tot jy hom by die skool afgelaai het. Luister maar kinder stories en liedjies in die kar terwyl die kinders in die kar is. Jy moet jouself in ‘n roetine kry anders werk dit nie. Na ek Liam afgelaai het, het ek musiek geluister wat my laat ontspan het vir die dag. As ek Liam opgetel het in die middae was dit dieselfde. Ek het tussen vyf-en sewe uur saans met hom tyd gespandeer met huiswerk en net gehoor hoe sy dag was. Ek sou aandete tussen-in maak. Die ding is net jy moet vir jouself sê dat dit nie so erg is nie. Maak net tyd vir jou kind. Ons kyk ook oor die algemeen nie baie tv nie. Ons spandeer eerder tyd saam. Naweke kan Liam lekker sy Playstation speel en flieks kyk. Nou, selfs met klein Charlotte wat soveel tyd van ons in beslag neem, verdeel ek en my maat ons tussen die twee sodat albei aandag kry. Na 08h00 saans is ons tyd en moet altwee kinders al in die bed wees. Dis kom neer op beplanning en kry ons nou ook net tyd oor naweke om al ons goedjies te doen.

Josephine Maliele, enkelma van twee seuns werk by ‘n rekenmeestersfirma as verversingsdame en klerk in Bloemfontein. “Ek staan soggens vieruur op om my kind se skoolgoed en kosblik vir die dag reg te kry. Ons ry met die bus vanaf Botshabelo tot in Bloemfontein en neem ek my kind eers skool toe voordat ek werk toe gaan. As ek by die huis kom saans, maak ek huis skoon en maak ek aandete. Skoolklere en skoolfooie is duur en is dit maar moeilik om ‘n enkelma te wees. Tog word my gebede telkens verhoor wanneer ek bid dat daar vir my en my kinders se behoeftes gesorg moet word.

Helene Beukman beveel aan dat jy grootmaat skyfies, lekkers en muffins (vries die muffins) en jou kinders leer om self hul kosblikke te pak elke middag op dieselfde tyd byvoorbeeld een chips, een muffin, een lekker en een vrug. “Koop genoeg kosblikke en koeldrankhouers sodat daar altyd een in die kas is (koop 6 van elk). Leer jou kinders om hul skoolbaadjies elke dag op te hang na skool en om nat skoon skoolbroeke en skoolhemde op hangers te hang en te laat droogword. Geen stryk is dan nodig nie. Moenie onnodig klere was nie. As dit nie vuil is nie, pak dit terug in die kas. Kinders se broeke en t-hemde hoef nie gestryk te word nie. Sit dit net vir plus minus 5 minute in die tuimeldroër en vou op.

Belê in ‘n skottelgoedwasser. Pak dit in voor slaaptyd, skakel aan en more is als skoon en droog. Pak alles wat jy in die oggend gaan nodig kry in die aand vooraf op die tafel (vir ontbyt). Sit kinders se klere reg die aand voor die tyd bv. skoolklere, jou werksklere, rekkies vir hare ensovoorts. Dit vermy ‘n geskarrel. Laat die kinders hulle eie kamers een maal ‘n week opruim. Verwyder enige onnodige “clutter” in jou huis, is Helene se wenke om ma’s se lewens makliker te maak.

Margie Bruwer glo dat jy jou kinders van kleins af moet leer om hul vuil klere in die wasgoeddrom te sit. Kyk in jou kind se skooldagboek sodat jy betyds kan weet indien jou kind iets nodig sal hê vir skooltake. Sportsakke moet die aand voor die tyd reeds gepak word. Na aandete kan daar gesels, gelees en tyd gemaak word vir gesinstyd.

“‘n Werkende ma moet kreatief begin dink om die lewe vir haar makliker te maak. Waarom nie van die huis af werk nie of probeer ‘n halfdagpos kry. So kan jy werk en steeds by jou kinders ook wees, sê *Annette le Roux.
“‘n Goeie ondersteuningstelsel is goud werd vir ‘n werkende ma. Wat gebeur as jou kind siek word die dag wat jy ‘n groot voorlegging by die werk moet doen? ‘n Ouma of vriendin wat “op bystand” is, kan in so ‘n noodgeval uithelp, sê *Sandra.

Mites en feite oor Ma-wees:

Daar is vele mites oor ma-wees. Rozanne noem ‘n paar:
Jy’s ’n slegte ma as jy nie heeldag by jou kinders kan wees nie.
Feit: Dis onmoontlik. Jou kind moet selfstandigheid en ander sosiale omstandighede aanleer. Jy is ook net mens en het jou eie tyd ook nodig.

• Jy’s ’n flou vrou as jy nie elke aand hups gereed staan vir jou man nie.
Feit: Hoe later hoe kwater. Om die wittebrood-gevoel tussen drie snotneuse te behou is seker die grootste uitdaging. Mevrou, as jy jouself oppas en versorg, sal jy sexier voel. As jy die nodige kwaliteit tyd of date-nights met hom spandeer, sal die emosionele band natuurlik oorspoel na die fisiese. Bowenal gun mekaar tyd en wees baie geduldig met mekaar. Dis jou man se moeilikste deel van sy loopbaan en jou energie-vlakke gaan ook nie altyd soos ’n energizer-bunny wees nie.

Die Centre for Labour Research by Adelaide Universiteit het ‘n studie onder 150 werkende vroue gedoen en bevind dat ‘n tekort aan seksuele intimiteit een van hul grootste klagtes was. Die studie het ook bevind dat die meeste werkende vroue te moeg of gestres was vir seks. Die studie het ook bevind dat baie vroue skuldig en hartseer gevoel het oor hul verlore sekslewens en dat een oplossing vir die problem is dat mans hul vrouens in die huis help met die take in die huis.

• Hoe durf jy laat wees om die kinders na aktiwiteite te karwei.
Feit: Vir jou nege-jarige Kareltjie voel daardie tien minute soos ’n uur! Besef dat hulle nog nie ’n tydsbegrip het nie. Verseker hom dat jy altyd sal kom. Probeer tog jou bes of tref ’n alternatiewe reeling met ’n maatjie se ouers.

• Ek is nie altyd lus vir my kinders nie, ek wou hulle vanoggend verwurg het.
Feit: Mevrou, besef dat jy eintlik iets heel anders hier projekteer, want diep binne jou is jy steeds lief en dankbaar vir hulle. Tog wil elke mens ’n tydjie op ’n dag hê om bietjie alleen en rustig te wees, so moenie skuldig voel nie. Alleen-tyd maak jou ’n beter ma en jou kind leer van “delayed-gratification”. Kyk ook dieper en soek waar word ’n behoefte nie vervul nie.

• Maar Katryn, om die hoek, lyk dan altyd so gelukkig en in beheer.
Feit: Jy is jou eie mens, kosbaar en spesiaal aanmekaargeweef (Psalm 139). Om jouself te vergelyk met ander is ’n definitiewe verloor. Bou aan jou selfbeeld en wees intrinsiek gemotiveer.

• As die kind ongelukkig is, is ek dan netso hartseer. Ek wil my kind alles spaar.
Feit: Is dit regtig moontlik? Is dit goed vir jou kind dat jy hom of haar in ’n watte huise grootmaak? Jy kan ook nie help om soveel om te gee nie. Mens weet mos Mamma huil die hardste as sussie by die speelgroepie afgelaai word!

• As my kind misluk, het ek as ouer ook misluk.
Feit: Hierdie is die taaiste ene vir elke ouer. Al bedoel ouers goed en doen hul uiterste bes vir al hul kinders, maak kinders steeds hul eie besluite, foute en mislukkings. Hier kan jy nie die besluite regmaak nie, maar onvoorwaardelik aanvaar en liefhê.

Rozanne se wenke:

• Gaan een maal per kwartaal op ’n vroue-wegbreekgeleentheid. Maak seker jou man en kinders weet jy het dit nodig om weer ’n Super-ma terug te kom.
• Drink een maal per week ’n koppie tee saam met ’n familielid of vriendin, terwyl al die kinders heerlik baljaar. Ons het daardie ondersteuning en raad nodig.
• Kry ’n stokperdjie. Afhangende van jou persoonlikheid, iets vir net jou alleen of iets saam met jou man of iets vir julle as gesin. Moet net nooit ophou speel nie!

Vra jouself elke dag die volgende 7 kragtige vrae:
1. Waarvoor is jy dankbaar vandag?
2. Waaroor is jy gelukkig vandag?
3. Vir wie is jy lief?
4. Wie is vir jou lief?
5. Wat kan jy vandag doen om dit fantasties te maak?
6. Wat kan jy vandag doen om ’n verskil in iemand anders se lewe te maak?
7. Watse kompliment kan jy jouself gee vandag?

*skuilnaam

Wie is ek? Vind jouself in elke lewensfase

Geskryf deur Ansja Ferreira, met kommentaar deur Rozanne Raath, vir Vrouekeur

‘n Vrou vertolk menige rolle in haar lewe. Sy sal meestal die eerste agtien jaar van haar lewe haar ouers tevrede probeer stel. Daarna probeer sy gewoonlik haar man, maat of kinders tevrede stel. Dit kan ‘n lang en moeilike proses wees om jouself te vind en jy sal moontlik met talle struikelblokke te doen kry voordat jy finaal by hierdie bestemming uitkom. Om jouself te vind is soos om ‘n reuse legkaart stukkie vir stukkie te bou. Daar is biljoene mense op die aarde en nie een van hulle is dieselfde nie. Elkeen het hul eie unieke eienskappe en elke lewensfase bied ‘n unieke uitdaging aan ‘n persoon. ‘n Ma is die hart en siel van ‘n huis.

Baiekeer sit ‘n ma soveel in haar huishouding en kinders in en raak later so besig met alles om haar dat sy later voel dat sy haarself en haar drome iewers langs die pad verloor het. Ma’s van verskillende ouderdomme en in verskillende omstandighede kan almal in hierdie toestand verval. Vir ‘n jong ma kan ‘n eerste baba ‘n geweldige aanpassing wees. Tuisteskeppers wat nie ‘n salaris verdien nie, maar die huishouding en kinders hanteer, voel dikwels waardeloos omdat hulle nie ‘n salaris ontvang nie. Tog is hulle heeldag besig en vervul meer as een rol en sal dit haar man duisende rande kos om iemand te betaal om al die werk te doen wat sy elke dag verrig. Ouer ma’s word op hul beurt dikwels deur die leë nes sindroom geraak.

‘n Lewensstylafrigter gee raad

“Indien ‘n mens ‘n definisie sou moes gee van “vind jouself of wie is ek?”, sal elke persoon se definisie verskil, sê Rozanne Raath, ‘n lewenstylafrigter van Bloemfontein. Sukses, vooruitgang en om die beste te wees in wat sy doen, kan dalk vir die een vrou van waarde en haar definisie van haarself wees. Vir iemand anders is dit dalk om te kan “cope” met haar kinders se vereistes, nog sexy te wees vir haar man en om die werk te doen waarvan sy baie hou, sê Rozanne.

Rozanne som dit kortliks op: “Indien jy in elke lewensfase die uitdagings met ‘n glimlag kan leer aandurf, jou selfwaarde behou, jou rolle definieer en dit dan bemeester, glo ek het jy jouself gevind. “Maar slegs vir ‘n wyle, want dan begin die volgende lewensfase en die hele proses weer van voor af. As jy kan besef dat daar verskriklik baie veranderlikes deurgaans in jou lewe gaan wees, is jy op die wenpad. Indien jy dan vir jou waardes kan vasmaak wat meer konstantes is, gaan jy deurgaans tevrede, rustig en gemotiveerd voel”, sê sy.

Rozanne beveel aan dat indien dit vir jou moontlik is, jy in jouself belê en professionele hulp verkry. “Gaan spreek ‘n voorligtingsielkundige of ‘n lewenstylafrigter wat sal verseker dat jy jou konstantes herken, verstaan en in plek hou. Konstantes is dinge soos persoonlikheid, geloof in iets of iemand groter as jy, wat jou belangrikste waardes is en jou unieke skemas of maniere van dink en prosesseer. Indien jy dan vir jou waardes kan vasmaak wat meer konstantes is, gaan jy deurgaans tevrede, rustig en gemotiveerd kan voel, sê Rozanne.

Vier maniere om jouself te vind

1. Vind jouself deur ander te help
“Die beste manier om jouself te vind is deur hulpverlening aan ander” het Mahatma Gandhi gesê.
Het jy die gevoel dat jy iets kortkom in jou lewe en dat daar ‘n leemte is wat jy nie kan verklaar nie. “Dit is net asof iets nie volkome was in my lewe nie”, vertel Rika, ‘n sakevrou. Ek het toevallig betrokke geraak by ‘n liefdadigheidsprojek waar behoeftige bejaardes gehelp word. “Dit is asof daar meer sin en betekenis in my lewe is vandat ek by hierdie projek betrokke geraak het. Ek het ‘n deel van myself ontdek wat ek nie geweet het bestaan nie”, sê Rika. Gee van jou tyd, ‘n oor om te luister aan iemand wat met jou wil praat, gee onnodige items in jou huis aan ‘n liefdadigheidsorganisasie. Jy kan ‘n verskil maak en boonop jouself ook help. In sy boek “The Hidden Gifts of Helping, skryf Dr. Stephen G. Post dat almal deur moeilike tye deurmaak, maar dat ons ons eie gesondheid en welstand kan verbeter en uiting kan gee aan ons eie identiteit en waardigheid as menslike weses deur hulpverlening aan ander. (Bron: http://www.stephengpost.com/hiddengifts)

2. Selfaanvaarding is die sleutel
Gee jouself toestemming om te wees wie jy is
*Carine (39 jaar) het in ‘n baie streng ouerhuis grootgeword. Haar pa was baie dominerend en het het vir Carine voorgeskryf hoe en wat sy moes doen, wat sy moes gaan studeer en het selfs vir haar probeer voorskryf met wie sy moes trou. Carine het op akademiese vlak uitstekend presteer. In matriek bring sy een dag trots haar rapport vir haar pa. “Pa, ek staan tweede in my klas, ek het 90% gekry!” Wie staan eerste in jou klas? En wie staan eerste in jou graad? “ was haar pa se enigste opmerking. “Jy sal moet ophou om so baie eet, jy is vet!” is haar ook gereeld toegesnou, al was haar gewig normaal vir haar ouderdom en liggaamstipe. Niks was ooit goed genoeg vir hom nie, al het sy hoe hard probeer. Carine het later anorexia nervosa ontwikkel, verhoudingsprobleme ondervind en gesukkel om mense te vertrou. ‘n Sielkundige het jare later die wortel van haar probleem gevind, sy wou haar pa tevrede stel en sy het verwerp gevoel deur haar hom. “Met die hulp van die sielkundige het ek uiteindelik besef dat ek nooit myself kon wees nie en dat ek altyd probeer het om my pa, my man, my kinderss en ander tevrede te stel. Na my egskeiding het ek by ‘n punt uitgekom wat ek myself uiteindelik leer ken het en ek het myself toestemming gegee om te wees wie ek is en toe doen wat ek wil, nie wat ander mense vir my voorgeskryf het nie, vertel Carine. Natuurlik het my pa nie daarvan gehou nie, maar ek was nou sterk genoeg om sy teenkanting te hanteer. Ek is nou vir die eerste keer in my lewe gelukkig”.

Carine noem dat sy drie belangrike lewenslesse geleer het:
a) Aanvaar terugslae en mislukkings as deel van jou leerproses en as deel van die groot plan in jou lewe.
b) Swaarkry maak jou sterker. Dikwels vind iemand hom of haarself wanneer hy/sy deur ‘n baie moeilike tyd gegaan het en swaargekry het.
c) Kom tot die besef dat jy nie almal rondom jou gaan tevrede stel nie en dat almal nie van jou gaan hou nie, al probeer jy hoe hard om almal rondom jou tevrede te stel.

“Here gee my kalmte om die dinge wat ek nie kan verander nie te aanvaar, moed om die dinge te verander wat ek kan en wysheid om die verskil te ken.” Reinhold Niebuhr (The Serenity Prayer)

3. Maak jouself los van die rolle wat jy vertolk
Maak tyd vir jouself en gaan na ‘n plek waar dit stil is. “Om in die natuur te kom, help my baie om myself te vind, sê *Jeanette, ‘n besige ma van vier. “Ek is nie net iemand se dogter, iemand se vrou en iemand se ma nie” “Ek is meer as net die rolle wat ek vertolk en ‘n bietjie alleentyd help my om daarby uit te kom”. Maak tyd vir jouself. ‘n Bietjie stilte rondom jou waarin jy net met jou eie gedagtes besig is doen wondere om ‘n mens perspektief op jou eie lewe te gee en met jouself te kommunikeer en jou batterye te herlaai. Pa, ouma of ‘n babaoppasser kan help en jou bietjie tyd gee vir jouself. Ontwikkel weer jou talente of die stokperdjie wat jy afgeskeep het. Dink kreatief aan maniere om geld van die huis af te verdien as jy nie buite die huis wil gaan werk nie. Maak jouself weer mooi, kleur jou hare ‘n ander kleur, koop nuwe grimering, sluit by ‘n oefenklas of dansklas aan. Ma’s met ouer kinders was vir jare moontlik so besig met hul kinders se doen en late en noudat hulle groot is en moontlik uit die huis uit is, is daar nou ‘n leemte en kan hul moontlik gedisorïenteerd en rigtingloos voel. Dit is jou juis die tyd in jou lewe om weer op jouself te fokus en miskien iets nuuts aan te pak. Jy het moontlik baie van jou eie belangstellings en stokperdjies opgeoffer om tyd te maak om jou kinders aandag te gee. Nou is weer die tyd om aan hierdie verlore stokperdjies en belangstellings aandag te gee.

4. Bemagtig jouself
Die dae is verby dat jy net jouself sal vind deur sommer net deur die mosies (“motions”) te gaan, sê Rozanne (lewensstylafrigter). “Kennis is mag. Lees boeke en neem deel aan konferensies wat jou behoeftes aanspreek op daardie stadium in jou lewe” beveel sy aan. Leer om onafhanklik te raak en dinge vir jouself te doen. Leer om vertroue in jou eie oordeel en besluitnemingsproses te kry. Neem verantwoordelikheid vir jou eie begroting, huishoudelike sake en toekomsplanne.

Leer jouself beter ken. Begin ‘n dagboek of joernaal en skryf die volgende neer:
1. Skryf jou lewensverhaal neer asof dit deur ‘n biografis vasgepen is. Skryf neer waar jy gebore is, van jou vroegste herinneringe, oor jou kinderjare, skooljare, mense wat ‘n belangrike invloed op jou gehad het, dinge wat jou bly gemaak het, dinge wat jou hartseer gemaak het.

2. Identifiseer wat vir jou belangrik is in die lewe – Is dit liefde, geld of jou familie? Wat is vir jou lekker om te doen? Wat maak jou gelukkig? Wat is jou swak eienskappe en wat is jou goeie eienskappe? Wil jy graag mooi wees vir ander? Is dit vir jou belangrik wat ander van jou dink?

3. Skryf jou gedagtes, idees en drome neer.
4. Wat het nog altyd in die pad van jou drome gestaan? Maak ‘n lys hiervan.
5. Skryf neer wat jou uniek en anders as ander maak.
6. Identifiseer die verskillende rolle wat jy in jou lewe speel byvoorbeeld kind, lewensmaat, ouer, werknemer, vriendin.

7. Maak ‘n lys van jou sterk eienskappe. Maak daarna ‘n lys van jou swak eienskappe.
8. Wat laat jou goed voel. Is dit musiek, die buitelewe, kuier met vriende?
9. Waar is jy nou in jou lewe? Is daar dinge wat jy graag anders wil hê? Skryf dit neer.
10. Wat sal jy moet doen of verander om die dinge wat jy graag in jou lewe wil hê te kan bekom of te bereik? Maak ‘n lys van dinge wat jy sal moet doen om dit te bereik.
11. Stel vir jouself doelstellings. Jy sal nou ‘n spesifieke datum moet kies waarop elke doelstelling bereik moet word en jouself voorneem om dit voor of op daardie datum te doen.

Dit is nooit te laat om jouself weer te vind nie. Jy sal ‘n gelukkiger persoon wees en jou kinders, eggenoot en vriende sal ook daarby baat.

*skuilnaam

Die vakansie is tyd om bestekopname van jou lewe te doen

Geskryf deur Ansja Ferreira, met kommentaar deur Rozanne Raath, vir Vrouekeur

Die vakansie is tyd om bestekopname van jou lewe te doen, terug te kyk na die jaar wat verby is en nuwe doelstellings vir jouself te stel. Maak die beste van jou vakansie en behou die vakansie gevoel die hele jaar deur met die volgende wenke.

Jy sien alreeds die hele jaar uit na jou langverwagte vakansie . Jy sien die meeste daarna uit om net weg te kom van jou alledaagse roetine, tyd saam met jou geliefdes te spandeer en om met jou voete in die seewater te staan. Jy arriveer by jou bestemming, pak jou tasse uit en begin vakansie hou. En tog, wanneer jy weer terug by die huis kom, voel dit vir jou of jy nooit werklik weg was nie.

Stres vorm deel van ons gejaagde daaglikse bestaan. Wanneer ‘n mens se langverdiende vakansie aanbreek, is dit vreemd hoe daar skielik nuwe vorms van stres opduik. Het ek alles ingepak? Wat gaan gebeur met my huis en diere wanneer ek weg is? Wat gaan gebeur as iets skeefloop by die vakansie of op die pad soontoe? Hierdie is alles vrae wat by mens opkom wanneer jy voorberei vir jou vakansie. Jy sal moet leer om jou werk agter te laat sodat jy kan ontlaai en jou tyd af te kan geniet. Andersins gaan jy net so gedaan en vol stres terugkom van jou vakansie.

Ontlaai in fases

Maak nie saak hoe mooi die natuurskoon of hoe heerlik die branders en watter heerlike vakansiestemming daar op die strand is nie, die realiteit is dat miljoene vakansiegangers net nie kan afskakel nie, al probeer hul hoe hard. “Sommige mense ontlaai vinnig terwyl ander veel langer neem en selfs daarmee sukkel, sê kenners. Die rede daarvoor word dalk in die menslike brein gevind.

‘n Breinstudie deur die Case Western Reserve Universiteit in Cleveland, Ohio, het bewys dat net soos wat dit energie verbruik om te dink, net so word energie verbruik deur ‘n gedagte te blokkeer.
“Miskien verklaar dit waarom dit so uitputtend is om te ontspan en aan niks te dink nie”, sê Dr. Daniela Calvetti, ‘n wiskundige en mede-outeur van die breinstudie. (Bron: MailOnline (www.dailymail.co.uk)

“Soos wat daar fases van rou is, is daar ook fases van ontspanning, sê Rozanne Raath, ‘n lewensafrigter van Bloemfontein.
“Wanneer mens ’n week of twee se verlof neem, moenie verwag om op dag een al te ontspan nie. Rozanne verduidelik dat mense baie verskil in hoe hulle afskakel en gee die volgende riglyne:

“Fase een: Verkeer breindood. Gaan kyk ’n lekker fliek, pak jou kaste reg en kry genoeg slaap in. Jou liggaam het dit dringend nodig.

Fase twee:
Hoekom eers op jou oudag ’n “bucket-list” (wenslysie) maak? Maak nou ’n lys van 50 dinge wat jou gelukkig maak. Eenvoudige dinge soos ’n drukkie van jou kind, ’n heerlike cappuccino, om blomme te kry of ’n heerlike stappie. Begin jouself bederf en doen dinge wat vir jou regtig baie lekker is. As jy heeljaar te besig was en nie ’n belangstelling of ’n stokperdjie het nie, gaan soek een. Google en lees op. Hierdie gaan jou gedagtes ook so aflei van jou gewone roetine dat jy stelselmatig sal begin ontspan.

Fase drie:
Ons almal se behoeftes verskil, maar luister na jou innerlike stem en gun jouself kwaliteit self-sorg tyd. Neem deel aan ’n avontuurlustige aktiwiteit, skep ’n rustige omgewing rondom jou of gaan na ’n plek met ‘n mooi uitsig. Fokus meer op jouself as op ander en gaar energie op. Dan sal jou aandag ten volle op die ontspanning aktiwiteite wees en nie op al die stressore by die huis nie.

Fase vier: Indien jy kwaliteit tyd met jouself spandeer het, gaan jy so vars wees sodat jou ander verhoudings weer vir jou pret, geluk en vreugde sal gee. Belê nou in ander om jou en versterk jou ondersteuningsraamwerk. Dan gaan jy weer gereed wees vir ’n nuwe jaar vol uitdagings.

Neem bestekopname van jou lewe.

Alexandra Massey, lewenstylgids en skrywer van Life’s A Beach: Keep That Holiday Feeling All Year Round, skryf in haar boek dat jy jou vakansie in twee gedeeltes moet verdeel. “Die eerste deel is waar jy moet ontspan en net laat gaan. Jou roetine word gebreek en jou denke word meer buigbaar. Jy is weg van jou lewe, so jy kan terugkyk en alles met ‘n nuwe perspektief sien – jou werk, waar jy leef, jou familie en vriende. Nou is dit die tyd om na jou lewe te kyk. Hoe kan jy beter balans in jou lewe inbring? “

“’n Paar dae voordat jy huis toe gaan, moet jy vooruitbeplanning doen en doelwitte stel vir dinge wat jy wil regstel of verander wanneer jy weer by die huis is. Teen die einde van jou vakansie moet jy ‘n lys van jou prioriteite opstel. Jy sal oplet dat jou prioriteite nou heelwat verskil van jou voriges” skryf Alexandra. (Bron: http://www.psychologies.co.uk)

“‘n Vakansie is ‘n geleentheid om jou lewe te beplan, weg van jou lewe”, sê kliniese sielkundige Dr. Cecilia d’Felice, skrywer van die boek 21 Days to A New You. (Bron: http://www.psychologies.co.uk). Wanneer jy uit jou alledaagse roetine weggeruk word en jouself in ‘n nuwe, ontspanne omgewing bevind, is dit makliker om ‘n bestekopname van jou lewe te neem en te beplan aan nuwe doelwitte en drome.

Dit is nou ‘n goeie tyd om oor jou lewe na te dink en te bepaal watter areas van jou lewe ongebalanseerd is. Identifiseer aspekte in jou lewe wat jou gelukkig en ongelukkig maak.

Ons lesers se wenke

Die see kan kalmte bring.
• “Die see is ons gunsteling vakansie plek. Die prag en die mag van die grote see is oorweldig mooi, sê Erika Brummer-Van Der Westhuizen (Vrouekeur leser wat in Engeland woon). Om op die strand te sit met jou tone in die sand en die see aan te staar. Dan voel jy hoe die kalmte oor jou spoel en al jou bekommernisse wegspoel. Die see het baie betekenisse. Hy kan romanties wees waar jy en jou geliefde hand aan hand kan loop en selfs hartjies in die sand teken vir mekaar. Dis pret om sandkastele te bou. Die see vertroos en bring kalmte na ‘n storm. Dit is ook die plek waar Gods almag teenwoordig is want Hy het dit gemaak”.
• Christine Hanekom hou van Groenriviermond. “Daar is niks en net jy die see en natuur. Ons Rotariers kamp elke jaar daar vanaf die dag wat die skool sluit in Des vir ‘n week voor ons uitmekaar gaan vir die Kersvakansie. Al ons kinders is ook maats, so ons sien hul net as hul honger is. Dit voel of ek ‘n maand gerus het as ons daar was.
• “Ons het ‘n vakansiehuis in Hartenbos en ek werk my elke jaar morsdood om die huis netjies te hou en om kos te maak vir my gesin, vertel *Lettie, ‘n ma van 3. “Dit het al selfs gebeur dat ek ‘n kilogram of twee verloor het gedurende my vakansie van al die harde werk en nie genoeg uitgerus het gedurende die vakansie nie. Ek het besluit tot hiertoe en nie verder nie. Of almal werk saam en help om die plek skoon te hou of ek gaan nie weer saam nie. My plan het gewerk, almal doen nou hul deel en nou hou ons almal heerlik saam vakansie”. Ek tref ook vooraf reëlings met my huishulp om te kom help met die baie wasgoed as ons terugkom van die vakansie af”, vertel Lettie.
• Mense wat daarvan hou om te beplan, kan Anco Gouws se raad volg: “Wanneer jy by jou vakansiebestemming aankom, kry brosjures van al die besienswaardighede en aktiwiteite beskikbaar. Neem jou begroting in ag wanneer jy jou aktiwiteite beplan en moenie vergeet om die plaaslike inwoners te vra nie. Hulle sal jou baie goeie raad kan gee”, sê Anco.
• As jy daarvan hou om meer spontaan te wees, kan jy Eugene Ferreira se raad volg. “Onthou dat die weer, klein kinders, jou energievlakke en jou bui ‘n rol speel. Kry vooraf inligting oor al die besienswaardighede en aktiwiteite, maar laat jou lei deur jou omstandighede”.
• Volg ‘n hoë volume dag op met ‘n lae volume dag. Wissel ‘n dag van hoë fisiese aktiwiteit en opwindende besoeke aan besienswaardighede af met ‘n rustige, sorgvrye dag. Jy moet tyd kry om te rus en om besig te wees. Om byvoorbeeld drie besige dae na mekaar te hê waarin ‘n verskeidenheid aktiwiteite of besoeke aan besienswaardighede ingeryg is, gaan jou so moeg maak dat jy naderhand nie meer lus vir enige aktiwiteit gaan nie of enigiets verder inneem nie. Jy moet tyd maak om te rus ook, is Tristan Gouws, wat onlangs Amsterdam en Skotland besoek het, se raad.
• As jy met jong kinders, kleuters en babas gaan vakansie hou, is dit noodsaaklik om die vakansieaktiwiteite rondom hulle aan te pas. Dit gaan dalk nodig wees om die kinders in die middag ‘n kansie te gee om ‘n middagslapie te geniet, veral as hulle die oggend geswem het is Charlene*, ma van drie jong kinders, se raad.
• Behalwe as jou werk dit vereis, moet jy geen e-posse lees en antwoord nie en geen werksoproepe beantwoord nie. Jy is met vakansie en sal daar genoegsame tyd na die vakansie wees om werksverwante sake te hanteer. Stel dit ook duidelik aan jou werksmense/kollegas dat jy nie beskikbaar sal wees nie bly by jou besluit. Verseker dat ‘n verantwoordelike persoon in jou plek beskikbaar is vir dringende sake, sê *Ferdi, ‘n SAPD-lid.
• Belê in ‘n volledige noodhulpkissie, sê *Hannelie, ma van vier. Dit behoort medikasie vir naarheid, diaree, koors, hoofpyn, verkoue en griep en sooibrand in te sluit. Weggooibare handskoene, pleisters, middels teen insekbyte behoort ook deel hiervan te vorm. Jy kan jou apteker vra om vir jou ‘n noodhulpkissie met al die belangrikste middels en benodighede saam te stel.

Onthou ook die volgende:
• Maak reeds ‘n paar weke voor die vakansie ‘n lysie van items wat jy moet inpak en begin betyds inpak en die nodige voorbereidings tref. Indien jy troeteldiere en huisplante het wat versorg moet word, is dit noodsaaklik om ook vroegtydig hiervoor reëlings te tref. Om op die laaste dag voor jou vakansie alles af te jaag, gaan jou in ‘n gespanne bui laat beland en die kanse is goed dat jy iets gaan vergeet.
• Onthou jou sonbrandmiddel. Velkanker en sonsteek is ‘n realiteit.
• Onthou om uit te vind of die drinkwater by jou vakansiebestemming veilig is. Indien nie, drink dan eerder gebottelde water.
• Sluit belangrike dokumente soos paspoorte en identiteitsdokumente toe in die kluis by jou vakansiebestemming.
• Tref voorsorg teen insekbyte soos spinnekop-en muskietbyte en verseker dat die muskietafweerder wat jy vir jou kinders gebruik, veilig is vir gebruik by kinders.
• As jy by die see vakansie hou, wees versigtig vir bloublasies, jellievisse, seekastaiings en seeanemone wat pynlike steekwonde kan veroorsaak. Indien jy deur een van hierdie getakel is, gaan dadelik na die naaste lewensreddingtoring vir raad en hulp. Lewensredders beveel aan dat jy asyn gebruik indien jy wel deur van bogenoemde gesteek is.
• Sorg dat jy swem waar daar haainette en lewensredders is. Moet ook nie gaan swem as jy alkohol gebruik het nie.
• Belê in ‘n goeie sonbril.
• Hou belangrike noodnommers byderhand.
• Waterveiligheid vir kinders is van groot belang. Jong kinders behoort nooit sonder toesig alleen gelaat te word by enige water nie, al kan hul reeds swem.
• Bly kalm en gefokus wanneer ‘n krisis opduik.
• Hou matigheid voor oë. Eet steeds gesond en onthou dat alkohol ook baie kilojoules bevat. As jy jou nou gaan vergryp aan al die lekker eetgoed, gaan jy later sukkel om van al die oortollige kilogamme ontslae te raak.
• Kry genoeg slaap. Om te probeer om alles in te pas en nooit te rus of te min te slaap, gaan nou uitput en jy gaan doodmoeg by die huis kom na jou vakansie.
• Lekker vakansie hou!

*skuilnaam

Waarskuwingstekens van ‘n ongesonde verhouding

Deur Madeleen Steenkamp & Chantal Burger

Te gereeld sien ons paartjies wat by ons praktyke aanklop vir beradingsadvies midde in ‘n krisistyd in hul verhouding…ongelukkig is dit vir sommige dan reeds te laat, hulle het die waarskuwingstekens wat soos rooi ligte flikker geignoreer soms al vir ‘n jaar of meer.

Dit is ‘n kern begrip wat by paartjies gevestig moet word om hierdie tekens te kan identifiseer en mees belangrik; daarop te reageer. Ons kan die metafoor van ‘n motorvoertuig in terme van ‘n verhouding as illustrasie hiervoor gebruik: Jou voertuig is toegerus met allerhande “waarskuwingsliggies” wat geprogrammeer is om te begin flikker indien daar ‘n probleem opduik; let wel dit identifiseer die potensiële probleem reeds voordat dit offisieël as probleem geklassifiseer kan word om jou tyd te bied om die probleem met so min as moontlik “enjin-skade”op te los. Netsoos jy jou voertuig se diensboekie op datum hou met gereelde dienste en opknapwerk, is dit goeie praktyk om jou “verhoudingsdiensboekie” op datum te hou.

Sit jou verhouding deur die “padvaardigheidstoets” d.m.v. die volgende vrae. Enige negatiewe antwoorde dui op “waarskuwingsligte” in jou verhouding:

1. Voel elkeen in die verhouding nog spesiaal en geliefd; gee beide partye genoeg liefde aan mekaar?
2. Skep julle geleenthede vir kwaliteit tyd saam, of lewe jul by mekaar verby?
3. Hoe lyk jul sekslewe: Het dit met die verloop van tyd gegroei en verbeter of afgeneem en agteruitgegaan ?
4. Kan julle gesond “baklei”; oor emosionele dinge kommunikeer?
5. Wanneer daar wel probleme opduik, kan julle ‘n kompromie bereik t.o.v. die mees geskikte oplossing?

Indien jy op die meeste (of selfs één) van hierdie vrae in die negatief geantwoord het, weet: Die “waarskuwingsligte” is reeds besig om te flikker – jou verhouding kort dringend aandag en groei.

Die volgende aanbevelings kan toegepas word in ‘n verhouding in krisis:

1. Neem kennis dat aspekte wat foutgaan gekorrigeer kan word – almal kan die gewoonte aanleer van hierdie vaardigheid om ‘n verhouding op te knap;
2. Alle aspekte wat fout gaan is nie noodwendig altyd buite jou beheer nie – al voel dit soms so( neem ‘n “time-out” en assesseer dit wat JY kan verander);
3. Dit is nie nodig om moedeloos te voel nie! Die geheim lê daarin om betyds dit wat verkeerd is raak te sien en dan kundige hulp of ondersteuning in te win soos bv. : Selfhelp boeke, ‘n Verhoudingsverrykingskurses, ‘n Lewensafrigter (“Life coach”), ‘n Verhoudingsterapeut en/of ‘n Pastorale berader of Sielkundige .

Redes vir die toepassing van die aanbeveelings en hul implikasies:

Wanneer die “waarskuwingsligte” in die verhouding vermy word loop dit uit op krisis wat gewoonlik lei tot blamering in welke rigting in ‘n verhouding. Voorkom die nimmereindigende vingerwysing en vestig jul fokus op die pro-aktiewe voortdurende evalueering van jou “verhoudingsvoertuig”.

Daar is altyd potensiële konflik in ‘n verhouding as gevolg van die maklike versteuring in die balans gehandhaaf tussen: maat A ÛVERHOUDINGÛ maat B en veral as daar ‘n 3rde party betrokke is in die versteuring van hierdie balans kan dit sonder die nodige aandag lei tot gebrek in kommunikasie en die eervaring van liefdeloosheid.

Onthou die gesegde: It takes 2 to Tango! Dit is ‘n spanpoging waarin enigeen die negatiewe aspekte kan aanspreek deur verandering in hom/haarself as beginpunt. As mens jou kan indink alles wat kan foutgaan in ‘n verhouding lyk die probleem op die oppervlak uiters kompleks (byna onoplosbaar), maar opgebreek in kernagtige faktore is dit uiteraard eenvoudig; doenbaar.

Selfs in die era van komplekse tegnologie is ons steeds geneig om uit die staanspoor ‘n probleemsituasie as onveranderbaar te etiketeer. Ons volg kursusse vir die gebruik van ‘n rekenaar, maar sal selde dit oorweeg om ‘n kursus vir suksesvolle verhoudings te volg…

Om weer terug te verwys na die metafoor van vroeër, is dit makliker om die “motor-olie” te vervang as om die vasgeslaande enjin te vervang. In ‘n verhoudingskrisis is dit makliker om die skade te oorkom wanneer dit nog in aanloop is, as daarna, wanneer vertroue verbreek is en teleurstelling ingetree het.

Onthou, ‘n verhouding is nie staties nie. Dis soos huis koop, aan die begin het beide maats gaan soek na die perfekte plek; iets wat in beide se smaak geval het gekies, maar met die verloop van tyd het daar fyn krakies in die mure begin wys en kort nou opknap voordat die hele murasie ineenstort.
Vir die paartjies wat in nuwe verhoudings staan – Kommunikeer !! Maar let op jou wyse: sensitief, suggestief tot groei en vermydend van blaam.

Laastens onthou: ‘n Probleem is slegs ‘n probleem totdat JY daarmee ‘n plan gemaak het…