20 Voelgoedlewenslesse

Het jy dalk so ‘n bietjie inspirasie nodig om die jaar volstoom aan te pak?

DEUR: Ansja Ferreira

Rozanne Raath, ‘n lewensafrigter, gee ‘n paar goedvoelbeginsels, wat deur enigiemand van enige ouderdom toegepas kan word.

1. Voor jy enige van die wenke hieronder aandurf, gooi eers jou motor vol brandstof. Dus volg ’n lae-GI-dieet vir volgehoue energie en drink minstens twee liter water per dag. Jou liggaam gaan nie sonder “brandstof” doeltreffend kan funksioneer nie.

Rozanne deel ‘n paar beginsels van die Skool vir NLP (Neuro Linguistic Programming) vir suksesvolle en positiewe denke:

2. Elke optrede word deur ‘n positiewe bedoeling gedryf. Almal doen altyd wat hulle dink reg is of die enigste keuse vir hulle is, gegewe die omstandighede vanuit hul oogpunt, reg of verkeerd. Hou dit in gedagte voor jy oordeel, want die persoon bedoel dalk goed.

3. Die betekenis wat iemand anders aan jou kommunikasie heg, is die respons wat jy gaan kry. Wanneer jy dan kommunikeer, let op die gevolge van wat en hoe jy dit sê en onthou dat mense vanuit hul oogpunt daarop reageer.

4. Daar is geen mislukking nie, net terugvoering. Die woord “kritiek” laat sommige sweet en min mense hou daarvan. Hou jou kop hoog, want terugvoering is bruikbare inligting om jou meesterplan te verbeter en jou tot sukses te motiveer.

5. Wees buigsaam en pas by verskillende situasies aan.

6. Weerstand is ‘n teken van te min rapport (die skep van ‘n vertrouensverhouding of atmosfeer van vertroue). Wanneer jy rapport het, het jy massiewe invloed, so doen moeite om na ander te luister – by jou werk en by jou huis.

7. As een mens dit gedoen het, beteken dit dis menslik moontlik. As dit menslik moontlik is, kan enige mens leer hoe om dit te doen. Leer in 2016 ‘n nuwe vaardigheid aan.

8. Alle uitnemendheid en ongelooflike prestasies het ‘n struktuur en ‘n strategie, en juis om daardie rede kan dit aangeleer word. Sonder rolmodelle uit en leer by hulle. Jy hoef nie die wiel te herontwerp nie.

9. Ons het al die hulpbronne wat ons benodig, inherent in ons eie fisiologie en neurologie. Delf diep binne jou, jy het die antwoorde op jou groot vrae en jy weet presies wat om te doen.

10. Fokus eerder op uitkomste as probleme. Probleemraamwerke fokus op wat verkeerd is en hoe om verkeerde dinge reg te stel en skep ‘n negatiewe ingesteldheid. Uitkomsgebaseerde raamwerke fokus op die resultaat wat jy wil hê en die beste manier om dit te bereik en skep, is ‘n positiewe ingesteldheid.

11. Vra eerder “hoe”-vrae as “hoekom”-vrae. “Hoekom”-vrae lei tot ‘n stroom verskonings en redes wat die probleem net erger maak. “Hoe”-vrae gee jou begrip van die struktuur van die probleem en die dieper gedagtegang en motiverings wat dit in plek hou.

12. Fokus op moontlikhede in plaas van ‘n moet. Dan glo jy dat enigiets moontlik is en niks is ‘n moet nie. Dit laat kreatiwiteit vloei en nooi vryheid in.

13. Neem ‘n houding van nuuskierigheid en fassinasie aan in plaas van om uit die staanspoor aannames te maak en aan feite vas te klou. Vra uit en maak seker jy verstaan die ander persoon.

14. Wanneer jy jouself of omstandighede wil verander, moet jy op geestelike vlak begin (die diepste deel waar gedrag ontstaan), dan na identiteit oorgaan (dit wat jy oor jouself en ander glo), jou vermoëns, jou gedrag en laastens jou omgewing (waar jou gedrag manifesteer).

15. Lees eerder ‘n tydskrif voor jy gaan slaap as om met tegnologie besig te bly. Navorsing toon dat om na ‘n helder skerm (selfoon, rekenaar of TV) te staar jou korter, asook ligter laat slaap.

16. Doen een ding op ‘n slag en doen dit goed. Jy dink dalk jy’s baie produktief om jou e-posse en Twitter dop te hou terwyl jy in Excel werk, maar eintlik deel jy jou aandag in klein stukkies op en laat dit jou nog minder doeltreffend werk.

17. Handhaaf ‘n goeie postuur. Kom in die gewoonte om selfone, tablette, TV’s of rekenaars op jou lessenaar op ooghoogte te hou. Jou oë moet reguit vorentoe kyk, jou nek en rug moet reguit en regop wees en jou arms moet gemaklik rus.

18. Wees ‘n gesonde sosiale-netwerk-gebruiker. Sit jou “notifications” af en gebruik sosiale media doelgerig. Verskeie studies toon ‘n verband tussen die gebruik van sosiale media met verhoogde vlakke van stres en gevoelens van eensaamheid soos mense hulself met ander vergelyk. Neem dalk ‘n paar uur of ‘n dag “af” van sosiale media en kyk hoe jou gemoed verbeter. Onthou die beste verhoudings word in persoon of oor die telefoon gebou, so gaan drink eerder daai koffie as om na foto’s daarvan te staar.

19. Voorkoming is beter as genesing. Dis waar vir ons fisieke sowel as digitale lewens. Om die skok, angs en wanhoop, wat met die verloor van jou data, werk, media of aanlynrekeninge gepaardgaan, te vermy doen hierdie dadelik: Maak seker als is op verkieslik drie plekke gestoor: aanlyn (op ‘n “wolkie”), op jou rekenaar en op ‘n eksterne hardeskyf.

20. En as jy nie weet hoe om een van hierdie bogenoemde wenke aan te durf nie, laat ‘n professionele persoon jou help. Ek betaal eerder iemand wat van beter weet as om die verreikende skade ná die tyd te probeer herstel.

Rozanne Raath is ‘n lewensafrigter en kan gekontak word by rraath.coach@gmail.com of gaan lees meer by inspired2coach

I am of opinion that people are too busy nowadays.  Well, that’s no new concept.  But I want to take it further by saying that children are too busy nowadays.  I might get a frown or a “What?!” now.  I have seen many kids who present with ADHD and depressive symptoms, but who are in fact just burnt-out.  So before you get too stressed about disorders, give attention to your child’s sleeping patters.

I want to refer you to an excellent piece written by the authors of the book: Life -span Human development, Carol K. Sigelman and Elizabeth A. Rider.  They are experts in this field. Are today’s children (and adults) sleep deprived

Guys, give yourself a break, have a Kit-Kat!

Ons hoor dikwels van die woord ‘gemaksone’ en dat dit goed is om soms ons tone daarbuite te waag. Maar hoe werk dit regtig?

DEUR: Ansja Ferreira met kommentaar deur Rozanne Raath

Ons is almal met ‘n sekere persoonlikheid gebore en jou persoonlikheid hou meer van sekere situasies as ander, sê Rozanne Raath, ‘n lewensafrigter van Bloemfontein.

“Jy floreer daarin en dit is vir jou bekend. Jy weet ook uit ervaring dat die situasie of sone vir jou werk. “Bogenoemde teken die kaart van ons lewens waarvolgens ons na die wêreld kyk, maar ook waardeur ons die wêreld ervaar en beoordeel. ‘n Gemaksone is dus ‘n oogpunt of plek wat aan ons bekend is. Eintlik moet ons dit eerder ‘n bekende ‘sone’ noem, want hierdie sone is nie noodwendig vir ons so gemaklik nie.”

Is jy bang vir die onbekende of hou jy van verandering? vra Rozanne. Sy verduidelik verder. “Ons het in alle stadiums twee pare diep kernbehoeftes wat in balans met mekaar moet wees: Die behoefte aan sekerheid, stabiliteit en beheer, versus die behoefte aan verskeidenheid, verandering en vernuwing. Die volgende twee behoeftes wat in so ‘n wisselwerking is, is: Beduidendheid of eie belang (individualisties gerig), versus liefde, konneksie en vrede met ander (groepgerig).

“In elke aspek van jou lewe is hierdie wisselwerking aan die gang en beweeg ‘n mens van die een na die ander kant.”

Wanneer die bogenoemde vier behoeftes bevredig en in balans is, is ‘n mens reg om te groei en ‘n verskil te maak. So, wanneer jy gelukkig voel, jou behoeftes bevredig is en jy voel jy is waarlik op ‘n goeie plek, moenie torring aan ‘n ding wat werk nie. Daardie gemaksone of bekende sone is vir jou goed, sê Rozanne. “Wanneer jy dan ongelukkig voel in ‘n spesifieke aspek van jou lewe, moet jy oplet of jou behoeftes eerstens bevredig en tweedens in balans is,” verduidelik Rozanne. “Jy sal sukkel om te groei of ‘n verskil te maak as jy die rookseine van jou ander behoeftes ignoreer. Dit is die hooftaak van psigoterapeute of lewensafrigters om jou gedagtegang hieroor te bevraagteken. Is jou gemaksone werklik so gemaklik? Is dit werklik so veilig?” Sy gee ‘n paar voorbeelde:

  • Mense wat sê hulle wil gewig verloor, maar aanhou verkeerd eet en drink.
  • Mense wat sê hulle wil terugvoer oor probleemgedrag hê, maar verdedigend of aggressief raak as hulle dit ontvang.
  • Mense wat sê hulle wil rustiger leef, maar besluit om ‘n ekstra kontrak in te neem (al moet hulle 55 uur per week werk), nog klein kinders het, ‘n lewensmaat het wat ook werk en spanningshoofpyne kry.
  • ‘n Vrou wat haar buite-egtelike verhouding ter wille van haar kinders wil beëindig, maar steeds aanhou om die ander persoon te kontak, want dit is ‘n avontuur.
  • ‘n Man wat sê hy wil ophou rook, maar aanhou om snags sigarette in te smokkel.
  • ‘n 25-jarige wat sê dat hy wil uit sy ouerhuis trek, maar nie aktief vir ‘n woonstel soek nie.

“Ons sê maklik dat ons ‘n beter lewe wil hê, dat ons wens dinge kon anders wees of ons wens dat ons ander mense kon verander,” sê Rozanne. “Daar is iets in die menslike psige wat net daarteen skop as iemand jou voorsê, want ons eie wil is te sterk. Mense doen wat hulle uit die staanspoor wou doen en vra net raad om hul oorspronklike planne te bevestig. Ons klou vas aan dit wat ons ken, al is dit pynlik, destruktief of sleg vir ons gesondheid. Ons is mense, so ons doen dit net.”

Rozanne verduidelik dat om verandering teweeg te bring tyd gaan neem, want ou gewoontes of gedagtegange moet afgeleer word en nuwes moet uitprobeer word. “Tog is dit nie onmoontlik nie,” sê sy. “As jy regtig wil, sal jy dit regkry. Begin klein en toets die nuwe gedrag, gedagtes of ingesteldheid. Wanneer jy sien dat dit jou nie ‘doodmaak’ nie, sal dit bewyse vorm dat die nuwe sone goed vir jou is. “Soos wat jy die bewyse daarvoor opstapel, sal jy al meer oortuig word en sal dit later ‘n gewoonte kan raak. Wanneer jy ‘n paar weke later terugkyk, sal dit weer soos jou gemaksone of bekende sone voel, en voila, jy het jou eindbestemming bereik!”

Hierdie artikel is geplaas deur Vrouekeur by http://www.vrouekeur.co.za/artikel.aspx?id=84290&h=Jou-gemaksone-vriend-of-vyand

 

Today’s post is by Michael Hyatt, just brilliant.

And Here’s a Hint: It’s Not Talent, Skill, or Expertise

Is there anything more frustrating than trying to accomplish a big goal with someone who’s negative, unimaginative, and defensive?

Thankfully, it’s been a while since I’ve tried. But I’ve had my share in the past, and I can tell you that nothing will kill an organization’s productivity and vision like a can’t-do person.  But if this kind of cynicism brings a team down, what can lift it up?

Several weeks ago my team and I met to review our business and make plans for the coming year. The whole process was exhilarating, but one part that stands out for me was when we discussed our values.  We identified what matters most to us about the way we work and collaborate. It was important for us to identify not what we wanted to be, but who we really are.  People began throwing different qualities on the board, and we built out a good list. But it didn’t feel complete. Something was missing. Finally someone mentioned the infectious enthusiasm of a fellow teammate.

Bam! That was it. Infectious Enthusiasm.

Everyone on our team has this quality, but sometimes the fish don’t notice the water they’re swimming in. We needed to identify it, highlight it, underscore it, and put it in BIG LETTERS.  Infectious enthusiasm is a key ingredient in a team worth working for. Talent, skill, expertise are only part of the picture. If you’re not bringing energy, optimism, and creativity to the party, it won’t be much fun. Why?

  • Motivation. Enthusiastic people bring their own battery pack. You never have to worry about motivating them because they’re already plugged into the business and fully engaged.
  • Solutions. Problems and obstacles are part of business. A former colleague of mine used to say that if work was easy, they wouldn’t pay us. But enthusiasm unlocks innovative thinking. Instead of seeing the roadblock and turning around, enthusiastic people find workarounds. They’ll go over, under, around—or just build a new road.
  • Ownership. Can-do people own whatever part of the process and outcome they’re responsible for—and they’re usually willing to assist on the rest. That means they don’t need heavy management. They just get going and get things done.
  • Achievement. Achievement takes energy. If you have motivated team members who are eager to find solutions and own the outcome, guess what happens? You start accomplishing goals.
  • Culture. Whether good or bad, attitudes are communicable. Enthusiastic people are fun to work with, which means they can bring up the mood of the whole team. It’s infectious. The net result is a positive team culture. And here’s the great thing. It’s practically self-perpetuating.

Some people might object and say this is really a question of personality. What they mean is that people can’t help it. They’re either positive or not. But that’s not true. Enthusiasm is a choice. Our circumstances may be outside our control, but the attitude we bring to our circumstances is entirely within our own power.  The only question is what kind of team do you want to work with?

Special thanks to MICHAEL HYATT http://us2.campaign-archive1.com/?u=52d5c7778a3adfda535c3b349&id=5d414f07a4&e=4796a7454d

Weet weet God alles van my?

In hierdie audio snit beantwoord Riekert Botha op ‘n eenvoudige, maar wyse manier die volgende vrae wat ons almal iewers vra:

  1. Is dit werklik so dat God alles weet?
  2. Hoekom moet ons dan bid as God alles weet?
  3. As God dan weet dat Satan ons sal versoek, hoekom stop Hy dit nie?
  4. Vandag se Pleister vir jou siel…

Luister gerus hierna https://www.dropbox.com/s/vdd0runmog9qpw9/1-02%20Weet%20God%20Alleen.mp3?dl=0

Acts 20:20 I didn’t skimp or trim in any way. Every TRUTH and encouragement that could have made a difference to you, you got. I taught you out in public and I taught you in your homes.  Lewenstyl afrigting is nie iets nuuts nie. Selfs Jesus het ook die mense om Hom geleer en juis daarom glo ek daarin.

Met al die sportgebeure die afgelope weke kan ek nie anders as om te vra:  “Die bal is nou in jou hande… wat maak jy daarmee?”  Talle kliënte vra: “Kan die waarheid werklik ’n wen-kultuur in my lewe skep?”  Verseker JA!

Aangename kennis

Ek sien myself in die primêre sorg en voorkomende linie van verdediging in die oorlog teen stres. Ek verwys graag indien daar tekens van patologie is, maar wil my uiterste bes doen om pasiënte ’n nuwe lewenstyl en denkwyse aan te leer, voor hulle patologie ontwikkel. ’n Volledige ontleding van al agt lewensareas word gedoen en dan word daar, vanuit drie areas, doelstellings geskep wat die grootste impak gaan maak, asook emosionele verligting gaan gee.

Die vraag

Die model wat ek gebruik word opgesom in my slagspreuk: Laat die Waarheids-Lig Ewigdurende Verandering meebring. Of my kliënt ’n Christen is of nie, elke mens ervaar gebeure as stresvol indien hulle hulself sekere vrae vra en die antwoord daarop bedreigend ervaar word. Dis dalk nie noodwendig die waarheid of ‘n akkurate ervaring nie.

1 Cor 2:3: “I was unsure of how to go about this, and felt totally inadequate – I was scared to death, if you want the truth of it”

Ek leer dus vir my kliënte om agter die waarheid in situasies te kom. Wanneer hulle wel die waarheid in situasies mis is dit soos ’n gekleurde bril waardeur hulle kyk en elke situasie is dan daardie kleur. Deur hul ingesteldheid positief en waarheid-gerig te maak kan hulle deur kleurlose lense kyk en gebeure beter hanteer.

2 Titus 3:16: “Every part of Scripture is God-breathed and useful one way or another – showing us truth, exposing our rebellion, correcting our mistakes, training us to live God’s way.”

Ons het almal mekaar nodig en indien ons goed as ’n span funksioneer, kan ons merkbare verskille in gesinne maak. Ek is ’n geregistreerde berader (BA Hons Sielkunde, UV), maar het verder gekwalifiseer as Geregistreerde Lewenstyl Afrigter (Comensa, New Insights International). Kliënte het die keuse om of kontant fooie te betaal of vanaf hul mediese fondse te eis vir sessies. Verwys dus gerus enige pasiënte, familie of vriende wat oorwerk, oorstuur en oor ‘n paar dinge in hul lewens moet kom. Baie dankie aan elke huisdokter en sielkundige wat reeds die groot waarde van voorkomend optree besef en gereeld na my verwys.

2 Peter 1:12 Because the stakes are so high, even though you’re up-to-date on all this truth and practice it inside and out, I’m not going to let up for a minute in calling you to attention before it.

Book Rozanne for your next event, workshop

Book Rozanne for your next event, workshop

I have been a speaker at numerous events as well as bought my tickets for a fair share of them.  They all seem to have the same program:

Someone opens the event for 15 minutes.  Two or three others also have something to say.  Some dance group or artist delivers a few items and eventually food is served and the main speaker gets his/her chance.  The speaker is sometimes famous, but isn’t a professional.  They tell a nice story, but tomorrow your guests have forgotten all about it.  After two hours you finally get your chance of chatting with your friends and eating away.  But no-one does an event differently because this is the status quo.

Here’s a few pointers that will make your event successful and memorable:

  • Facilities should have good lighting, sound, comfortable seating and be easy to find.
  • Give your audience enough time to visit the stalls beforehand, but start your event punctually. It shows respect of others schedules.
  • Have the food and drinks on the table for guests to enjoy from the get-go. Most are starving because they fed the kids and the pets, but not themselves.
  • Ask the MC to keep the opening short.
  • Have activities where your guests can interact, take part and have fun, like a photo booth with instant pictures they can take home.
  • Book a really good artist or none at all.
  • Then play nice background music and give your guests some time to take a comfort break, stretch legs and chat (that’s what they came for).
  • Then introduce your main speaker. When booking a speaker, keep the following in mind:
  1. They should be a professional in their field.
  2. They should offer sound, practical advice.
  3. They should be able to teach your audience about a specific challenge in their lives.
  4. People take advice from others who are just normal people that have to work and manage a family.
  • Keep the thank you’s short and sweet.
  • End off with good music and time to shop and chat.

Good luck and blessings with your event.

To book Rozanne for your event send a request to rraath.coach@gmail.com   Click on the link to Inspired List of Workshops to read about Rozanne’s topics.